Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vak
vak [boodskap #129314] Sa., 18 Januarie 2020 10:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26789
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
vak
Afbreking: vak


Selfstandige naamwoord: vak
Meervoud: vakke
Verkleinwoord: vakkie
Meervoud van verkleining: vakkies

Betekenis:
• 'n Kennisgebied of studieonderwerp wat op skool, technikon of universiteit onderrig word.
• 'n Werk of ambag waarin iemand vaardig is en geld verdien.
• 'n Ingedeelde ruimte; afdeling of hokkie in 'n kas, laai of rak.

Gebruik:
• Van watter vak hou jy die meeste?
• Die skrynwerker ken sy vak.
• Die dokumente is netjies in vakkies geliasseer.

Spreekwoord:
• Gou by die bak, lui by die vak. [Gou om te eet, maar stadig om te werk.]
• Lui by die vak, maar fluks by die bak. [Stadige werker met 'n groot eetlus.]

Hiponiem:
• byvak
• eksamenvak
• handelsvak
• hoofvak
• keusevak
• leervak
• skoolvak
• studievak

Afgelei:
• vakarbeid
• vakbond
• vakeksamen
• vakgebied
• vakgeheim
• vakgenoot
• vakliteratuur
• vakkennis
• vakkeuse
• vakkundig
• vakleerling
• vakman
• vakopleiding
• vakrigting
• vaktaal
• vakterminologie
• vakterm
• vakvrou
• vakwerk
• vakwoordeboek

Vertaling:
Engels: subject; profession, trade; pigeon hole, compartment
Nederlands: vak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vaardigheid
Volgende onderwerp: sjimpansee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Okt. 10 06:57:49 UTC 2026