Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vak
vak [boodskap #129314] Sat, 18 January 2020 10:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vak
Afbreking: vak


Selfstandige naamwoord: vak
Meervoud: vakke
Verkleinwoord: vakkie
Meervoud van verkleining: vakkies

Betekenis:
• 'n Kennisgebied of onderwerp waarin leerlinge op skool, 'n technikon of universiteit onderrig word (skoolvak, leervak).
• Beroep; 'n werk of ambag waarin iemand vaardig is en geld verdien.
• Ingedeelde ruimte; 'n hokkie in 'n kas, laai of rak.

Gebruik:
• Van watter vak hou jy die meeste?
• Die skrynwerker ken sy vak.
• Die dokumente op sy lessenaar is netjies in vakkies geliasseer.

Spreekwoord:
• Gou by die bak, lui by die vak. [Gou om te eet, maar stadig om te werk.]
• Lui by die vak, maar fluks by die bak. [Stadige werker met 'n groot eetlus.]

Hiponiem:
• leervak
• skoolvak

Afgelei:
• vakgebied
• vakkeuse
• vakterminologie
• vakwoordeboek

Vertaling:
Engels: subject; profession, trade; pigeon hole, compartment
Nederlands: vak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vaardigheid
Volgende onderwerp: sjimpansee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 23:06:10 UTC 2024