syfer [boodskap #129203] |
So, 12 Januarie 2020 10:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
syfer
Afbreking: sy•fer
Uitspraak: /ˈsəi.fər/
Selfstandige naamwoord: syfer
Meervoud: syfers
Verkleinwoord: syfertjie
Meervoud van verkleining: syfertjies
Betekenis:
• (wiskunde) Een van die tekens wat gebruik word om getalle voor te stel; getalteken.
• (gholf) Gemiddelde aantal houe vir 'n bepaalde putjie of die baan as 'n geheel.
Gebruik:
• Sudoku is 'n gewilde spel met syfers.
• Die derde putjie van die gholfbaan is 'n syfer 4.
Sinoniem:
• nommer
Hiponiem:
• misdaadsyfer
• moordsyfer
• werkloosheidsyfer
Afgelei:
• syferkode
Vertaling:
Engels: digit, cipher
Nederlands: cijfer
Werkwoord: syfer
Verlede tyd: het gesyfer
Betekenis:
• Stadig deurloop; die proses waar 'n vloeistof deur die porieë van 'n vaste massa beweeg.
Gebruik:
• Die water syfer stadig deur die filter.
Sinoniem:
• sypel
Afgelei:
• syfergat
Vertaling:
Engels: to seep, filter, ooze
Nederlands: sijpelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|