Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » styf
styf [boodskap #129193] So., 12 Januarie 2020 08:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26455
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
styf
Afbreking: styf


Byvoeglike naamwoord: styf
Vergrotende trap: stywer
Oortreffende trap: styfste
Attributief: stywe
Partitief: styfs
Intensief: stokstyf, snaarstyf

Betekenis:
• Wat moeilik buig of vervorm.
• Wat nie loperig soos 'n vloeistof is of maklik vloei nie.
• Wat sonder veel ruime tussenin gepas is.
• Wat ongemaklik of geforseerd in omgang is.

Gebruik:
• My lyf is styf na gister se oefening.
• Klits die room tot dit styf is.
• Hy pak die tasse styf teen mekaar in die kar se kattebak.
• Die geleentheid was baie deftig, maar styf.

Spreekwoord:
• Die snare te styf span. [Van jouself of ander te veel eis.]
• Hy loop sy rieme styf. [In die moeilikheid wees.]
• Jy moet die buikgord styf trek. [Jy het nie baie te ete nie.]

Vergelyking:
• So styf soos 'n paal.

Antoniem:
• pap
• slap

Afgelei:
• styfheid

Vertaling:
Engels: stiff, rigid, tight, firm
Nederlands: stijf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do., 10 September 2026 14:09]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: skietgat
Volgende onderwerp: subjek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Sep. 11 22:32:19 UTC 2026