sleep [boodskap #129105] |
Di, 07 Januarie 2020 18:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sleep
Afbreking: sleep
Werkwoord: sleep
Verlede tyd: het gesleep
Teenwoordige deelwoord: gesleepte
Betekenis:
• Iets voortbeweeg deur dit te trek (gewoonlik oor grond of water).
• Moeisaam voortbeweeg.
Gebruik:
• Die luiperd sleep sy prooi in 'n boom in.
• Die beseerde voetganger sleep homself na die kant van die pad.
Spreekwoord:
• Hy sleep vlerk by haar. [Na 'n meisie vry.]
• Iemand deur die modder sleep. [Iemand belaster.]
Afgelei:
• sleepnet
• sleepsel
• sleeptou
• sleeptong
• sleepvak
• sleepwa
Vertaling:
Engels: to drag, pull, tug, tow
Nederlands: slepen
Selfstandige naamwoord: sleep
Meervoud: slepe
Verkleinwoord: slepie
Meervoud van verkleining: slepies
Betekenis:
• Lang deel van 'n rok wat oor die grond sleep; sleepsel.
Gebruik:
• Die bruid se sleep het vasgehaak.
Vertaling:
Engels: train, retenue
Nederlands: sleep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|