Betekenis:
• 'n Toestel waarmee 'n mens iets sluit; meganisme om 'n afgeslote ruimte met 'n sleutel oop of toe te grendel.
• Die einde van 'n storie, rolprent, ensovoorts; laaste, opsommende paragraaf of deel.
• Die deel van 'n vuurwapen wat die patroon in posisie hou en die kamer afsluit.
• 'n Rugbyspeler met rugnommer 4 of 5.
Gebruik:
• Die slot se sleutel is weg. Geen slot, deur of poort kon hom keer nie.
• Eindig jou opstel met 'n goeie slot. Die fliek se slot was baie voorspelbaar.
• Los jou geweer se slot tydens jagtogte oop en maak dit slegs toe wanneer jy vir 'n skoot aanlê.
• Die slot moet die bal in die lynstaan vang.Die slotte is deel van die vaste vyf en vorm die tweede ry van die skrum.
Spreekwoord:
• Agter slot en grendel. [In die tronk sit.]
• 'n Slot voor iemand se mond sit. [Iemand dwing om nie te praat nie.]