skildery [boodskap #129061] |
Sat, 04 January 2020 18:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skildery
Afbreking: skil•de•ry
Uitspraak: /ˌskəl.dəˈrəi̯/
Selfstandige naamwoord: skildery
Meervoud: skilderye
Verkleinwoord: skilderytjie
Meervoud van verkleining: skilderytjies
Betekenis:
• 'n Kunssinnige prentjie wat 'n skilder op 'n doek geverf het.
Gebruik:
• Die Mona Lisa van Leonardo da Vinci word as een van die bekendste skilderye ter wêreld beskou.
Afgelei:
• skilderyhaak
• skilderylys
• skilderymuseum
• skilderyraam
• skilderytentoonstelling
• skilderyversameling
• waterverfskildery
Vertaling:
Engels: painting, picture
Nederlands: schilderij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|