yk [boodskap #128983] |
Wed, 01 January 2020 20:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
yk
Afbreking: yk
Uitspraak: /ə̟i̯k/
Werkwoord: yk
Verlede tyd: het geyk
Betekenis:
• 'n Instrument volgens standaarde instel; op 'n juiste skaal bring en as sodanig merk.
• 'n Woordverbinding dikwels gebruik en tot vervelens toe te herhaal.
Gebruik:
• Hierdie weegskaal moet aanhoudend geyk word.
• Die storielyn is totaal voorspelbaar en die grappies geyk, maar tog is dit lig, prettig en goeie vermaak.
Sinoniem:
• kalibreer
Afgelei:
• ykbrief
• ykgeld
• ykgewig
• yking
• ykkantoor
• ykmaat
Vertaling:
Engels: to gauge, calibrate
Nederlands: ijken
Selfstandige naamwoord: yk
Meervoud: yke
Betekenis:
• Die merkteken wat aangebring word as iets geyk word; die stempel op mate en gewigte.
Gebruik:
• Die pipet se yk het verdof en kan nie meer gelees word nie.
Homofoon:
• eik ('n soort boom)
Vertaling:
Engels: gauge, stamp
Nederlands: ijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|