| yk [boodskap #128983] |
Wo., 01 Januarie 2020 20:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25755 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
yk
Afbreking: yk
Uitspraak: /ə̟i̯k/
Werkwoord: yk
Verlede tyd: het geyk
Teenwoordige deelwoord: ykend, ykende
Verlede deelwoord: geykte
Betekenis:
• Om 'n instrument te toets en volgens 'n standaard in te stel; op juiste skaal bring.
• Om dikwels te gebruik of tot vervelens toe te herhaal.
Gebruik:
• Die skaal moet gereeld geyk word om akkurate meting te verseker.
• Die storielyn is voorspelbaar en die grappies geyk, maar tog bly dit goeie vermaak.
Sinoniem:
• kalibreer
• standaardiseer
Afgelei:
• ykbrief
• ykgeld
• ykgewig
• yking
• ykkantoor
• ykmaat
Vertaling:
Engels: to gauge, calibrate
Nederlands: ijken
Selfstandige naamwoord: yk
Meervoud: yke
Betekenis:
• Die stempel op mate en gewigte; merkteken wat aangebring word as iets geyk word.
Gebruik:
• Die pipet se yk het verdof en kan nie meer gelees word nie.
Homofoon:
• eik ('n soort boom)
Vertaling:
Engels: gauge, stamp
Nederlands: ijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|