plat [boodskap #128907] |
Sun, 29 December 2019 19:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plat
Afbreking: plat
Byvoeglike naamwoord: plat
Vergrotende trap: plater
Oortreffende trap: platste
Attributief: plat
Betekenis:
• Wat gelyk en sonder bulte is; sonder merkwaardige hoogteverskil; horisontaal.
• Wat van weinig kulturele diepe getuig; laag; grof; kru.
Gebruik:
• Is Tafelberg regtig plat bo?
• Sulke plat woorde word nie hier toegelaat nie.
Spreekwoord:
• Albei voete plat op die aarde. [Realisties wees.]
• Kat se blad, lek hom plat dan weet jy wat. [Gesê om 'n nuuskierige kind stil te kry.]
Vergelyking:
• So plat soos 'n pannekoek.
Afgelei:
• platdak
• platkop
• platsak
Vertaling:
Engels: flat, level, even, smooth, horizontal; vulgar, crude, common
Nederlands: plat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|