| plasties [boodskap #128906] |
So., 29 Desember 2019 19:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26713 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
plasties
Afbreking: plas•ties
Byvoeglike naamwoord: plasties
Attributief: plastiese
Betekenis:
• Wat maklik gevorm en vervorm kan word; nie elasties nie.
• Wat van plastiek gemaak is.
Gebruik:
• Babas se bene is plasties en vormbaar, maar verhard met verloop van tyd. Plastiese materiale vervorm maklik en keer nie vanself na hul oorspronklike vorm terug nie.
• Die messe en vurke is plasties. Ons eet uit plastiese borde.
Sinoniem:
• kneebaar
• kniebaar
• vervormbaar
• vormbaar
Antoniem:
• elasties
• onbuigsaam
Afgelei:
• plastisiteit
Vertaling:
Engels: plastic, moldable; plastic
Nederlands: plastisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|