Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oppas
oppas [boodskap #128846] Thu, 26 December 2019 17:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
oppas
Afbreking: op•pas


Werkwoord: pas op, oppas
Verlede tyd: het opgepas

Betekenis:
• Mooi na iets kyk en seker maak dat dit nie wegraak of iets oorkom nie.
• Versigtig wees; pasop.
• Kyk of iets pas.

Gebruik:
• Sy moet die bure se baba oppas.
• Jy moet oppas, daai hond byt.
• Hy het die hoed opgepas voordat hy dit gekoop het.

Spreekwoord:
• As die jakkals die passie preek, moet die boer sy ganse oppas. ['n Skelm se vroom praatjies maak 'n mens agterdog.]

Afgelei:
• oppasser

Vertaling:
Engels: to attend to, take care of, nurse; to be careful; to try on
Nederlands: oppassen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: maltrap
Volgende onderwerp: silhoeët
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 04:14:12 UTC 2024