| oppas [boodskap #128846] |
Do., 26 Desember 2019 17:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26357 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
oppas
Afbreking: op•pas
Werkwoord: pas op, oppas
Verlede tyd: het opgepas
Verlede deelwoord: opgepaste
Betekenis:
• Om mooi na iets te kyk en seker te maak dat dit nie wegraak of iets oorkom nie.
• Om versigtig te wees; pasop.
• Om te kyk of iets pas.
Gebruik:
• Sy moet die bure se baba oppas.
• Jy moet oppas, daai hond byt.
• Hy het die hoed opgepas voordat hy dit gekoop het.
Spreekwoord:
• As die jakkals die passie preek, moet die boer sy ganse oppas. ['n Skelm se vroom praatjies maak 'n mens agterdog.]
Afgelei:
• oppasser
Vertaling:
Engels: to attend to, take care of, nurse; to be careful; to try on
Nederlands: oppassen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|