| opinie [boodskap #128841] |
Do., 26 Desember 2019 13:59 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opinie
Afbreking: opi•nie
Selfstandige naamwoord: opinie
Meervoud: opinies
Verkleinwoord: opinietjie
Meervoud van verkleining: opinietjies
Betekenis:
• Dit wat iemand van iets of iemand anders dink; 'n mening of oordeel.
Gebruik:
• Jou opinie tel ook.
• Niemand het jou opinie hieroor gevra nie.
Sinoniem:
• beskouing
• oogpunt
• opvatting
• mening
• siening
• sienswyse
Afgelei:
• opinie-ondersoek
• opinieblad
• opinieleier
• opiniepeiling
• opinieverskuiwing
Vertaling:
Engels: opinion, judgement
Nederlands: opinie
Nota:
• Leenwoord uit Frans en dus nie 'n anglisisme nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|