Leksikograaf Boodskappe: 26965 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Die son wat opkom.opkom
Afbreking: op•kom
Samestelling: op + kom
Werkwoord: kom op, opkom
Verlede tyd: het opgekom
Betekenis:
• Om boontoe te beweeg; styg.
• Om die liggaam in 'n regop posisie te bring; jouself reguit maak en omhoog kom; opstaan.
• Om in die gedagtes te ontstaan; aan iets begin dink; byval.
• Om iemand te verdedig; in die bres tree.
Gebruik:
• Die son kom vroeg in die somer op.
• Hy kon nie uit sy bed opkom nie. Die saad het ná die eerste reën opgekom.
• 'n Interessante vraag het tydens die bespreking opgekom.
• Sy komop vir mense wat nie hulself kan verdedig nie.
Spreekwoord:
• Die mas opkom. [Op eie stoom 'n taak voltooi.]
Sinoniem:
• opgaan
Antoniem:
• afkom
• neerkom
• ondergaan
Vertaling:
Engels: to rise, come up
Nederlands: opkomen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.