operasie [boodskap #128838] |
Thu, 26 December 2019 11:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
operasie
Afbreking: ope•ra•sie
Selfstandige naamwoord: operasie
Meervoud: operasies
Verkleinwoord: operasietjie
Meervoud van verkleining: operasietjies
Betekenis:
• 'n Gekoördineerde gebeurtenis waaraan baie mense deelneem.
• (medies) Wanneer 'n dokter aan iemand se lyf sny; 'n chirurgiese ingryping.
• (wiskunde) 'n Bewerking deur 'n operator op 'n operand.
Gebruik:
• Die Polisie het 'n operasie geloods om die skuldiges vas te trek.
• Hy was vinnig op die been na sy operasie.
• Met die operasie is die som uiteindelik opgelos.
Hiponiem:
• blaasoperasie
• breinoperasie
• hartoperasie
• oogoperasie
• polisie-operasies
• reddingsoperasie
Afgelei:
• operasiekamer
• operasiemes
• operasiesaal
• operasiesuster
• operasietafel
Vertaling:
Engels: operation
Nederlands: operatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|