| openbaar [boodskap #128837] |
Do., 26 Desember 2019 10:40 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26126 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
openbaar
Afbreking: open•baar
Selfstandige naamwoord: openbaar
Meervoud: –
Betekenis:
• Die publieke sfeer; waar mense jou kan sien.
Gebruik:
• Die kluisenaar het nie gereeld in die openbaar verskyn nie.
Vertaling:
Engels: public
Nederlands: openbaar
Werkwoord: openbaar
Verlede tyd: het geopenbaar
Verlede deelwoord: geopenbaarde
Betekenis:
• Om wat voorheen 'n geheim was algemeen bekend te maak.
Gebruik:
• Die verslag openbaar nuwe besonderhede.
• Die ondersoek het ernstige probleme geopenbaar.
Vertaling:
Engels: to reveal, divulge, disclose
Nederlands: openbaren
Byvoeglike naamwoord: openbaar
Attributief: openbare
Betekenis:
• Wat vir almal bedoel is; vry toeganklik.
Gebruik:
• Die nuus is nou openbaar en aan almal bekend.
• Die park is 'n openbare plek waar almal welkom is.
Antoniem:
• publiek
Vertaling:
Engels: public
Nederlands: openbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|