leerling [boodskap #128626] |
Mon, 09 December 2019 18:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
leerling
Afbreking: leer•ling
Selfstandige naamwoord: leerling
Meervoud: leerlinge
Verkleinwoord: leerlingetjie (leerlinkie)
Meervoud van verkleining: leerlingetjies
Betekenis:
• Iemand wat aan 'n skool of ander instelling studeer; persoon wat leer.
Gebruik:
• Dis elke leerling se plig om die skoolreëls na te kom.
Sinoniem:
• leerder
• skolier
• student
Hiponiem:
• hoërskoolleerling
• laerskoolleerling
• matriekleerling
• oud-leerling
• vakleerling
Afgelei:
• leerlingskap
Afkorting:
• leerl.
Vertaling:
Engels: scholar, pupil
Nederlands: leerling
Xhosa: umfundi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|