Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gebaar
gebaar [boodskap #128533] Thu, 28 November 2019 14:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gebaar
Afbreking: ge•baar
Uitspraak: /χəˈbɑːr/


Selfstandige naamwoord: gebaar
Meervoud: gebare
Verkleinwoord: gebaartjie
Meervoud van verkleining: gebaartjies

Betekenis:
• 'n Betekenisvolle beweging; met die hande en lyf kommunikeer.
• Handeling waarmee 'n mense jou gesindheid ten toon te stel.

Gebruik:
• Met 'n gebaar van sy hand kom die lyfwagte nader gehardloop.
• Die skenking was 'n mooi gebaar.

Afgelei:
• gebaretaal

Vertaling:
Engels: gesture, gesticulation, action
Nederlands: gebaar


Werkwoord: baar
Verlede tyd: het gebaar

Betekenis:
• Verlede tyd van baar. In die wêreld gebring.

Gebruik:
• Toe het sy weer swanger geword en 'n dogter gebaar.

Spreekwoord:
• Die berg het ’n muis gebaar. [Dit waarna iemand so gretig uitgesien het, het toe op niks uitgeloop nie.]

Vertaling:
Engels: gave birth
Nederlands: baarde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Klaasvaak
Volgende onderwerp: publiseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 22:20:18 UTC 2024