| beperking [boodskap #128491] |
So., 24 November 2019 16:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25790 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beperking
Afbreking: be•per•king
Samestelling: beperk + -ing
Uitspraak: /bəˈpɛr.kəŋ/
Selfstandige naamwoord: beperking
Meervoud: beperkings
Verkleinwoord: beperkinkie
Meervoud van verkleining: beperkinkies
Betekenis:
• 'n Perk/limiet wat gestel is; iets wat veroorsaak dat moontlikhede ingeperk/begrens word.
Gebruik:
• Mense wat blind is het 'n visuele beperking.
• Hy het eindelik geleer om sy beperkings te aanvaar.
Sinoniem:
• begrensing
• limitasie
Antoniem:
• vryheid
Hiponiem:
• boubeperking
• ouderdomsbeperking
• selfbeperking
• skadebeperking
• spoedbeperking
• tydsbeperking
Vertaling:
Engels: restriction, constraint, limitation
Nederlands: beperking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|