Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tegniek
tegniek [boodskap #128492] So., 24 November 2019 16:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26833
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
tegniek
Afbreking: teg•niek
Uitspraak: /tɛχˈnik/


Selfstandige naamwoord: tegniek
Meervoud: tegnieke
Verkleinwoord: tegniekie
Meervoud van verkleining: tegniekies

Betekenis:
• Die vaardighede om iets tot stand te bring; vakkennis; vakkunde.
• Bedrewenheid om te presteer of iets ingewikkelds te bemeester.

Gebruik:
• Watter tegniek het die skilder hier gebruik? Die besigheid se innoverende tegnieke is maatskappygeheime.
• Sy het 'n slim tegniek om aanvallers te oormeester. In teenstelling met bors-, rug- en vryslag, vereis vlinderslag 'n goeie tegniek.

Sinoniem:
• kuns
• vaardigheid
• werkmetode

Hiponiem:
• elektrotegniek
• graveertegniek
• hidrotegniek
• hoogspanningstegniek
• sorteertegniek
• swakstroomtegniek
• verteltegniek
• vliegtegniek
• wisselstroomtegniek

Verwant:
• tegnikus (persoonsnaam)
• tegnologie

Vertaling:
Engels: technique, technical skill; technology
Nederlands: techniek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beperking
Volgende onderwerp: ou-ou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Okt. 15 11:22:44 UTC 2026