Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klop
klop [boodskap #128468] Sa., 23 November 2019 09:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24212
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klop
Afbreking: klop


Werkwoord: klop
Verlede tyd: het geklop
Teenwoordige deelwoord: kloppende
Verlede deelwoord: geklopte

Betekenis:
• Om aanhoudend met die kneukels op of teen iets te tik of te slaan.
• Om iets met opeenvolgende slae te tref; hoorbaar pols.
• Om iets te klits; deurmekaar slaan.
• Om in orde te wees; reg en korrek.
• Om 'n geveg of wedstryd te wen; oorwin, verslaan.

Gebruik:
• Hy klop aan die deur, maar sy maak nie oop nie.
• Sy hart klop in sy keel.
Klop solank die eiers dan maak ons roereiers.
• Dit klop nie met ons resultate nie.
• Hy het my elke keer met skaak geklop.

Spreekwoord:
Klop hom op sy skouer. [Prys hom.]
• Sy hart klop in sy keel. [Hy is baie benoud.]
• Hy klop aan dooiemansdeur. [Niemand is tuis nie; iemand tevergeefs om hulp vra.]

Hiponiem:
• hartklop

Afgelei:
• klopdans
• klopdisselboom
• klophamer
• klopper
• kloppery
• kloppyn
• klopwerk

Vertaling:
Engels: to knock, tab, beat
Nederlands: kloppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kloof
Volgende onderwerp: kluis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 23:24:20 UTC 2025