Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kam
kam [boodskap #128387] Sa, 16 November 2019 19:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kam.
'n Kam.
kam
Afbreking: kam


Selfstandige naamwoord: kam
Meervoud: kamme
Verkleinwoord: kammetjie
Meervoud van verkleining: kammetjies

Betekenis:
• Voorwerp met tande om hare netjies te versorg.
• (biologie) Liggaamsdeel van 'n voel, reptiel of ander dier, bv. 'n hanekam.
• (musiek) Deel van 'n snaarinstrument waaroor die snare gespan word.
• (figuurlik) Enige ander getande voorwerp, by 'n bergkam.

Gebruik:
• My kam is stukkend, kan ek joune leen?
• 'n Haan het 'n kam op sy kop en 'n lel onder sy ken.
• Die viool kort 'n nuwe kam.
• Die mis trek oor die berg se kam.

Spreekwoord:
• Hy is so arm soos 'n luis op 'n kam. [Baie arm.]
• Oor dieselfde kam skeer. [Almal eenders behandel.]

Afgelei:
• fynkam

Vertaling:
Engels: comb, crest
Nederlands: kam


Werkwoord: kam
Verlede tyd: het gekam

Betekenis:
• Met 'n kam versorg.

Gebruik:
• Gaan kam jou boskasie!

Vertaling:
Engels: to comb, crest
Nederlands: kammen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kalm
Volgende onderwerp: kamp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 05:00:13 MGT 2024