kaartjie [boodskap #128384] |
Sa, 16 November 2019 14:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kaartjie
Afbreking: kaar•tjie
Selfstandige naamwoord: kaartjie
Meervoud: kaartjies
Verkleinwoord: kaartjietjie
Meervoud van verkleining: kaartjietjies
Betekenis:
• Stukkie gevoude papier of karton waarin 'n mens 'n boodskap skryf (soos 'n verjaardagkaartjie).
• Bewys van toegang vir 'n rit, vertoning of ander geleentheid; toegangskaartjie.
• Boete as mens te vinnig ry of te lank op 'n plek parkeer; spoedkaartjie.
Gebruik:
• Sy koop vir hom 'n kaartjie vir sy verjaarsdag.
• Hy koop 'n kaartjie vir die fliek.
• Die verkeerskonstabel gee hom 'n kaartjie omdat hy die spoedgrens van 100km/h oorskry het.
Hiponiem:
• besigheidskaartjie
• bioskoopkaartjie
• buskaartjie
• spoedkaartjie
• toegangskaartjie
• treinkaartjie
• verjaardagkaartjie
• vliegtuigkaartjie
Afgelei:
• kaartjiekantoor
• kaartjieknipper
• kaartjieprys
• kaartjieverkope
• kaartjieverkoper
Vertaling:
Engels: card; ticket, coupon
Nederlands: kaartje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|