Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vlam
vlam [boodskap #128260] Do, 07 November 2019 10:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die vlam van 'n kers.
Die vlam van 'n kers.
vlam
Afbreking: vlam
Uitspraak: /flam/


Selfstandige naamwoord: vlam
Meervoud: vlamme
Verkleinwoord: vlammetjie
Meervoud van verkleining: vlammetjies

Betekenis:
• 'n Warm, oranjekleurige tong wat verskyn as iets brand. Die ligverskynsel van verbranding.

Gebruik:
• Sy doof die kers se vlam en kruip in haar bed.

Spreekwoord:
• Sy is vuur en vlam. [Baie geesdriftig wees.]
• Vuur en vlam spoeg. [Baie kwaad wees.]

Afgelei:
• vlambaar
• vlamkas
• vlammend
• vlamoond
• vlampunt
• vlamsnyer
• vlamwerper

Vertaling:
Engels: flame
Nederlands: vlam


Werkwoord: vlam
Verlede tyd: het gevlam

Betekenis:
• Begin brand.

Gebruik:
• Die droë hout sal maklik vlam.

Vertaling:
Engels: to flame
Nederlands: vlammen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sus
Volgende onderwerp: produseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 04:28:31 MGT 2024