Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sloep
sloep [boodskap #128248] Do., 07 November 2019 06:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26180
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
sloep
Afbreking: sloep
Uitspraak: /slup/


Selfstandige naamwoord: sloep
Meervoud: sloepe
Verkleinwoord: sloepie
Meervoud van verkleining: sloepies

Betekenis:
• 'n Ligte, meestal oop boot waarmee geroei of geseil word (tipies as 'n reddingsboot op 'n groter boot).
• Kuil in vlak seewater; engte tussen rotse aan 'n strand.

Gebruik:
• Knysna is in 1817 vir die eerste keer deur die sloep die H.M.S. Podargus aangedoen.
• Waar die branders rol, is gewoonlik 'n sand- of klipbank, en waar dit weer ophou rol is die begin van die sloep.

Afgelei:
• sloepdavid
• sloeproeier

Vertaling:
Engels: sloop, dinghy, longboat
Nederlands: sloep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 19 Augustus 2026 07:25]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: spoel
Volgende onderwerp: versin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Aug. 19 12:11:06 UTC 2026