Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spoel
spoel [boodskap #128247] Do., 07 November 2019 06:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25872
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spoel
Afbreking: spoel
Uitspraak: /spul/


Werkwoord: spoel
Verlede tyd: het gespoel
Teenwoordige deelwoord: spoelend, spoelende
Verlede deelwoord: gespoelde

Betekenis:
• Om soos 'n vloeistof te beweeg; stroom of vloei.
• Om in 'n vloeistof te beweeg, of deur 'n vloeistof beweeg te word.
• Om skoon te was; in vloeistof reinig; afspoel.

Gebruik:
• Die water spoel oor die klippe.
• Die branders spoel skulpe op die strand uit.
Spoel die appel af voordat jy dit eet.

Spreekwoord:
• Die tyd se stroompie spoel die klippe glad. [Met verloop van tyd verdwyn die onaangenaamheid.]

Afgelei:
• spoelbak
• spoeldiamant
• spoelgrond
• spoelgruis
• spoelgoud
• spoeling
• spoelklip
• spoelkom
• spoelsel
• spoelsloot
• spoeltoilet
• spoelwater

Verwant:
• afspoel
• uitspoel
• verspoel
• wegspoel

Vertaling:
Engels: to flow, stream; to wash, rinse
Nederlands: spoelen


Selfstandige naamwoord: spoel
Meervoud: spoele
Verkleinwoord: spoeletjie
Meervoud van verkleining: spoeletjies

Betekenis:
• 'n Silindriese vorm (klos) waarom iets (soos 'n tou of draad) gewen word.

Gebruik:
• Sy sit 'n nuwe spoel garing op die naaimasjien.

Vertaling:
Engels: spool
Nederlands: spoel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tiet
Volgende onderwerp: sloep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jul. 20 12:47:09 UTC 2026