Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » heer
heer [boodskap #128200] Sa., 02 November 2019 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26713
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
heer
Afbreking: heer


Selfstandige naamwoord: heer
Meervoud: here
Verkleinwoord: heertjie
Meervoud van verkleining: heertjies

Betekenis:
• 'n Welgemanierd man, of 'n man van stand en aansien.
• Aanspreekvorm vir 'n man in 'n formele opset.
• Iemand wat oor ander aangestel is; heerser; baas.
• (verouderd) 'n Leër of krygsmag (vergelyk heerleër, heerskare).

Gebruik:
• Hy is 'n ware heer en het die motordeur vir my oopgemaak.
• Dames en here, ons heet u hartlik welkom. Die toilet vir here is hier regs.
• Die mens is aangestel as heer oor die skepping. Die lyfeienes het met lyf en lewe aan hul heer behoort.

Spreekwoord:
• Heer en meester wees. [In alle opsigte baas wees.]
• Liewer klein heer as groot kneg. [Liewer op klein skaal baas as ryk en 'n ondergeskikte.]

Antoniem:
• dame

Vertaling:
Engels: gentleman; sir, master, lord
Nederlands: heer

Nota:
• Heer met 'n hoofletter is ook 'n wisselvorm vir Here, 'n verwysing na Jesus Christus.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lente
Volgende onderwerp: heerlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Okt. 02 22:15:52 UTC 2026