tandmuis [boodskap #128082] |
Ma, 21 Oktober 2019 19:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tandmuis
Afbreking: tand•muis
Samestelling: tand + muis
Selfstandige naamwoord: tandmuis
Meervoud: tandmuise
Verkleinwoord: tandmuisie
Meervoud van verkleining: tandmuisies
Betekenis:
• 'n Mitiese muis wat kinders (wat tande wissel) se melktande kom haal en 'n geskenk of geld agterlaat.
Gebruik:
• Sit jou tand voor jy gaan slaap in 'n skoen onder jou bed, die tandmuis het dit nodig om sy huisie te bou.
Wisselvorm:
• tandemuis
Vertaling:
Engels: tooth fairy
Nederlands: tandenfee
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|