| karate [boodskap #128083] |
Ma., 21 Oktober 2019 20:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25484 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Aangetree en reg vir karate.
karate
Afbreking: ka•ra•te
Selfstandige naamwoord: karate
Meervoud: –
Betekenis:
• Oosterse vegkuns wat in die Ryukyu-eilande (nou Okinawa) van Japan ontwikkel het.
Gebruik:
• Karate is een van die doeltreffendste vorme van ongewapende selfverdediging wat ook as 'n sportsoort inslag gevind het.
Afgelei:
• karatefederasie
• karatefilm
• karatehou
• karatekampioen
• karatekampioenskap
• karateklas
• karateklub
• karatepak
• karatespan
• karatetegniek
Verwant:
• karateka
• kata
• kihon
• kumite
• sensei
Vertaling:
Engels: karate
Nederlands: karate
Nota:
• Afgelei van Japannees: 空手, karate, wat "leë hand" beteken..
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|