Betekenis:
• (anatomie) Deel van die oog agter die iris wat ligstrale teen die netvlies fokus.
• (optika) Deursigtige glas wat geslyp is om 'n beeld te vergroot, te verklein of in fokus te bring.
Gebruik:
• Die oog verander sy fokusafstand met spiere wat die vorm van die lens verander.
• Lense word volgens die kromming van die twee kante (konveks of konkaaf) geklassifiseer.
Hiponiem:
• kontaklens
• wyehoeklens
Vertaling:
Engels: lens
Nederlands: lens
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.