geslag [boodskap #127475] |
Fri, 16 August 2019 07:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geslag
Afbreking: ge•slag
Selfstandige naamwoord: geslag
Meervoud: geslagte
Verkleinwoord: geslaggie
Meervoud van verkleining: geslaggies
Betekenis:
• Mense met dieselfde stamouers; die afstammelinge van 'n persoon.
• Gesamentlike kenmerke wat manlikheid of vroulikheid bepaal.
• Lewende wesens van dieselfde soort; 'n genus wat aan 'n biologiese familie behoort.
Gebruik:
• Die monoteïstiese gelowe spruit almal uit die geslag van Abraham. Roofbou benadeel die opvolgende geslagte.
• Die vader bepaal die geslag van 'n kind. Hy was nie so gemaklik met die skoner geslag nie. Die teenoorgestelde geslag bekoor.
• Die geslag van kwikstertjies, Motacilla, omvat 12 spesies.
Sinoniem:
• generasie
Verwant:
• geslagregister
• geslagsboom
• geslagsorgaan
Vertaling:
Engels: family, race, lineage; gender, sex; generation; genus, tribe
Nederlands: geslacht
Werkwoord: slag
Verlede tyd: het geslag
Teenwoordige deelwoord: slagtende
Betekenis:
• Verlede tyd van slag. Dier doodgemaak vir sy vleis of as 'n offerande.
Gebruik:
• Hulle het 'n lam vir die feesmaal geslag.
Vertaling:
Engels: slaughtered, butchered, killed
Nederlands: geslacht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|