Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geslag
geslag [boodskap #127475] Vr., 16 Augustus 2019 07:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25961
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
geslag
Afbreking: ge•slag


Selfstandige naamwoord: geslag
Meervoud: geslagte
Verkleinwoord: geslaggie
Meervoud van verkleining: geslaggies

Betekenis:
• Mense met dieselfde stamouers; die afstammelinge van 'n persoon.
• Gesamentlike kenmerke wat manlikheid of vroulikheid bepaal.
• Lewende wesens van dieselfde soort; 'n genus wat aan 'n biologiese familie behoort.

Gebruik:
• Die monoteïstiese gelowe spruit almal uit die geslag van Abraham. Roofbou benadeel die opvolgende geslagte.
• Die vader bepaal die geslag van 'n kind. Hy was nie so gemaklik met die skoner geslag nie. Die teenoorgestelde geslag bekoor haar.
• Die geslag van kwikstertjies, Motacilla, omvat 12 spesies.

Sinoniem:
• generasie

Verwant:
• geslagregister
• geslagsboom
• geslagsorgaan

Vertaling:
Engels: family, race, lineage; gender, sex; generation; genus, tribe
Nederlands: geslacht


Werkwoord: slag
Verlede tyd: het geslag

Betekenis:
• Verlede tyd van slag: om 'n dier vir sy vleis of as 'n offerande dood te maak.

Gebruik:
• Hulle het 'n lam vir die feesmaal geslag.

Vertaling:
Engels: slaughtered, butchered, killed
Nederlands: geslacht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 28 Julie 2026 12:27]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: werklikheid
Volgende onderwerp: witte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Aug. 01 01:43:38 UTC 2026