verbeter [boodskap #127057] |
Sat, 13 July 2019 20:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21101 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verbeter
Afbreking: ver•be•ter
Werkwoord: verbeter
Verlede tyd: het verbeter
Teenwoordige deelwoord: verbeterende
Verlede deelwoord: verbeterde
Betekenis:
• Om beter te maak of te word; die kwaliteit verhoog; reg maak; foute verminder.
• Om te oortref.
Gebruik:
• Met harde werk kon ek my punte gedurende die jaar verbeter.
• Die naelloper het die vorige jaar se rekord verbeter.
Sinoniem:
• bywerk
• korrigeer
• ontfout
• optimaliseer
Antoniem:
• versleg
• verswak
Afgelei:
• verbetering
Vertaling:
Engels: to improve, correct; to beat
Nederlands: verbeteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|