Leksikograaf Boodskappe: 21101 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
soveel
Afbreking: so•veel
Samestelling: so + veel
Onbepaalde hooftelwoord: soveel
Betekenis:
• So baie; 'n onbepaalde getal.
Gebruik:
• Hy het nog nooit soveel geld gehad nie.
Spreekwoord:
• Soveel van iets weet soos 'n kat van saffraan. [Niks weet nie.]
• Soveel soos 'n bobbejaan van godsdiens weet. [Niks daarvan weet nie.]
• Soveel weet soos 'n kraai van Sondag. [Hoegenaamd niks van iets weet nie.]
• Soveel hoofde, soveel sinne. [Soveel mense, soveel sienswyses.]
• Daar soveel van weet soos 'n vark van politiek. [Heeltemal niks daarvan weet nie.]
Vertaling:
Engels: so much, so many
Nederlands: zoveel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.