Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sin
sin [boodskap #127052] Sa., 13 Julie 2019 13:10
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26661
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
sin
Afbreking: sin
Uitspraak: /sən/




Selfstandige naamwoord: sin
Meervoud: sinne
Verkleinwoord: sinnetjie
Meervoud van verkleining: sinnetjies

Betekenis:
• Woorde wat saamgevoeg is om 'n gedagte of mededeling uit te druk en gewoonlik uit 'n onderwerp en 'n gesegde bestaan.

Gebruik:
• 'n Sin begin met 'n hoofletter en eindig met 'n punt.
• Saamgestelde sinne het meer as een onderwerp en gesegde.

Vertaling:
Engels: sentence
Nederlands: zin


Selfstandige naamwoord: sin
Meervoud: sinne

Betekenis:
• 'n Wil, begeerte of verlange.
• 'n Rede vir bestaan; bestaansrede; betekenis; waarde.
• Verstand of sintuiglike waarneming (slegs meervoud).

Gebruik:
• Hy raak baie ongelukkig as hy nie sy sin kry nie.
• Wat is die sin van die lewe?
• Is jy van jou sinne beroof?

Spreekwoord:
• Gee hom tog sy sin. [Iemand laat doen wat hy wil doen.]

Afgelei:
• humorsin
• sinvol
• sinneloos

Vertaling:
Engels: desire, pleasure, want, will, wish; meaning
Nederlands: zin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: julleself
Volgende onderwerp: soveel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 28 17:24:29 UTC 2026