skof [boodskap #127011 ]
Wo, 10 Julie 2019 20:01
Leksikograaf
Boodskappe: 20799Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skets van 'n perd. Nommer 16 is die skof.
skof
Afbreking: skof
Selfstandige naamwoord: skof
Meervoud: skowwe
Verkleinwoord: skoffie
Meervoud van verkleining: skoffies
Betekenis:
• Die hoogste deel van 'n viervoetige dier se rug.
Gebruik:
• Die grootte van 'n perd of os word aan die hoogte van sy skof gemeet.
• Die skof is oor die algemeen die hoogste punt van 'n dier (in stilstand) naas die kop en die nek agter.
Afgelei:
• skofhoogte
Vertaling:
Engels: withers, shoulders, hump
Nederlands: schoft
Selfstandige naamwoord: skof
Meervoud: skofte
Verkleinwoord: skoffie
Meervoud van verkleining: skoffies
Betekenis:
• 'n Periode van werk of reis.
Gebruik:
• Ons maak beurte om wag te staan en my skof begin om 20:00.
Afgelei:
• dagskof
• nagskof
Vertaling:
Engels: lap, stage, trek, shift
Nederlands: ploeg, shift
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.