| gas [boodskap #127010] |
Wo., 10 Julie 2019 19:30 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26261 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
Gasbottels vir vloeibare petroleumgas (LPG-gas).
gas
Afbreking: gas
Uitspraak: /χɑs/
Selfstandige naamwoord: gas
Meervoud: gasse
Verkleinwoord: gassie
Meervoud van verkleining: gassies
Betekenis:
• 'n Stof in lugvorm, wat nie 'n vloeistof of vastestof is nie.
Gebruik:
• Suurstof 'n reuklose, smaaklose en kleurlose gas.
• Gasse het 'n laer digtheid en viskositeit as vloeistowwe en vastestowwe.
Hiponiem:
• gifgas
• kolegas
• koolsuurgas
• mosterdgas
• senuweegas
• traangas
Afgelei:
• gasaanval
• gasbom
• gasbraaier
• gasbottel
• gasbrander
• gasplaat
• gasstoof
• gasverwarmer
Vertaling:
Engels: gas
Nederlands: gas
Selfstandige naamwoord: gas
Meervoud: gaste
Verkleinwoord: gassie
Meervoud van verkleining: gassies
Betekenis:
• 'n Genooide besoeker; iemand wat by jou kuier of oorbly.
• 'n Klant in 'n hotel of restourant e.d.
Gebruik:
• Hy het 'n gas vir ete genooi.
• Sy was 'n gas in 'n vyfsterhotel.
Afgelei:
• gasspreker
• gasteboek
• gastekamer
• kuiergas
Vertaling:
Engels: guest, visitor
Nederlands: gast
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|