Betekenis:
• (weer) Lug wat beweeg. Die stroming van lug wat deur verskille in lugdruk veroorsaak word.
• (biologie) Gasvormige ontlasting uit die derms.
Gebruik:
• Wind word in terme van rigting en spoed beskryf.
• Het jy 'n wind gelos?
Spreekwoord:
• Die wind waai uit die verkeerde hoek. [Die stemming is nie gunstig nie.]
• Dis alles pure wind. [Dis sommer 'n grootpratery.]
• Dit gaan voor die wind. [Voorspoedig.]
• Hoë bome vang die meeste wind. [Mense in belangrike posisies word die meeste gekritiseer.]
• Hy draai sy mantel na die wind. [Jou op beginsellose wyse na omstandighede skik.]
• Hy is deur die wind. [Deurmekaar wees.]
• Hy laat sy kinders vir wind en weer grootword. [Jou nie bekommer oor jou kinders se opvoeding nie.]
• Hy neem die wind uit my seile. [Die teenstander se planne laat misluk.]
• Hy slaan voet in die wind. [Weghardloop.]
• Iemand se raad in die wind slaan. [Nie ag op iemand se raad slaan nie.]
• Jou neus in die wind steek. [Hoogmoedig wees.]
• Jou seil na die wind hang. [Jou na omstandighede skik.]
• Ons kry die wind van voor. [Met teenstand te doen kry.]
• Raad in die wind slaan. [Goeie raad verwerp.]
• Soos kaf voor die wind. [Onseker, onbestendig.]
• Voet in die wind slaan. [Weghardloop.]
• Weet uit watter hoek die wind waai. [Weet hoe daar oor 'n saak gedink word.]
• Wie wind saai, sal storm oes. [Wie kwaad stig, kry dit dikwels dubbel terug. [Wie oproer verwek, word die slagoffer daarvan.]