Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » interessant
interessant [boodskap #126823] So., 30 Junie 2019 18:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26126
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
interessant
Afbreking: in•te•res•sant




Byvoeglike naamwoord: interessant
Vergrotende trap: interessanter
Oortreffende trap: interessantste
Attributief: interessante
Partitief: interessants

Betekenis:
• Wat die aandag trek en waarvan 'n mens meer wil weet; belangstelling of nuuskierigheid wek; boeiend is.

Gebruik:
• Die speletjie is nie interessant genoeg om my te boei nie.
• Die boek bevat interessante feite oor die ontstaan van die heelal.

Sinoniem:
• boeiend
• belangwekkend
• fassinerend
• merkwaardig

Antoniem:
• saai
• eentonig
• oninteressant
• vervelig

Spelfout:
• interesant

Vertaling:
Engels: interesting
Nederlands: interessant

Nota:
• Om "interessant" reg te spel, onthou: 'n meisie dra een rok en twee skoene.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wind
Volgende onderwerp: polimeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Aug. 15 07:23:51 UTC 2026