Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fliek
fliek [boodskap #126814] Sat, 29 June 2019 19:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Mense wat 'n fliek kyk.
Mense wat 'n fliek kyk.
fliek
Afbreking: fliek
Uitspraak: /flik/




Selfstandige naamwoord: fliek
Meervoud: flieks
Verkleinwoord: fliekie
Meervoud van verkleining: fliekies

Betekenis:
• 'n Opname van bewegende beelde wat 'n verhaal vertel.
• Teater of plek waar so 'n opname vertoon word.

Gebruik:
Bakgat is 'n Afrikaanse fliek wat op 11 April 2008 vrygestel is.
• Gaan ons vanaand fliek toe?

Sinoniem:
• film
• moewie (informeel)
• rolprent
• bioskoop
• fliekhuis
• sinema

Hiponiem:
• aksiefliek
• skokfliek
• veldfliek
• zombiefliek

Afgelei:
• fliekganger
• fliekkaartjie
• fliekklub
• fliekrubriek
• fliekvlooi

Vertaling:
Engels: flick, movie; cinema, bioscope
Nederlands: film; bioskoop


Werkwoord: fliek
Verlede tyd: het gefliek

Betekenis:
• Na 'n plek gaan om 'n fliek te kyk.

Gebruik:
• Vanaand gaan ons fliek.

Vertaling:
Engels: to watch a movie
Nederlands: een film kijken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kraai
Volgende onderwerp: bus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 16:48:17 UTC 2024