Leksikograaf Boodskappe: 26026 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
nag
Afbreking: nag
Uitspraak: /nɑχ/
Selfstandige naamwoord: nag
Meervoud: nagte
Verkleinwoord: naggie
Meervoud van verkleining: naggies
Betekenis:
• Die tyd wanneer die lugruim donker is en die meeste mense slaap; tydsverloop tussen onder- en opgang van die son.
• (figuurlik) 'n Slegte toestand; ellende en duisternis.
Gebruik:
• Die spoke loop in die nag.
• Ons hou kwalik kop bo water, dit is nag!
Spreekwoord:
• Hy werk dag en nag. [Gedurig.]
• Die dag kom uit die nag. [Na droefheid kom voorspoed.]
• Hulle verskil soos dag en nag. [Hulle is baie verskillend.]
• Van die nag 'n dag maak. [Laat bed toe gaan en laat opstaan.]