Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nag
nag [boodskap #126784] Vr., 28 Junie 2019 19:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26026
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
nag
Afbreking: nag
Uitspraak: /nɑχ/




Selfstandige naamwoord: nag
Meervoud: nagte
Verkleinwoord: naggie
Meervoud van verkleining: naggies

Betekenis:
• Die tyd wanneer die lugruim donker is en die meeste mense slaap; tydsverloop tussen onder- en opgang van die son.
• (figuurlik) 'n Slegte toestand; ellende en duisternis.

Gebruik:
• Die spoke loop in die nag.
• Ons hou kwalik kop bo water, dit is nag!

Spreekwoord:
• Hy werk dag en nag. [Gedurig.]
• Die dag kom uit die nag. [Na droefheid kom voorspoed.]
• Hulle verskil soos dag en nag. [Hulle is baie verskillend.]
• Van die nag 'n dag maak. [Laat bed toe gaan en laat opstaan.]

Antoniem:
• dag

Hiponiem:
• Maandagnag
• Dinsdagnag
• Woensdagnag
• Donderdagnag
• Vrydagnag
• Saterdagnag
• Sondagnag

Afgelei:
• deurnag
• gisternag
• nagdiens
• nagklere
• nagklub
• naglewe
• nagmars
• nagmens
• nagpot
• nagsoen
• nagskof
• naguil
• nagwaak
• nagwag
• nagwolf
• snags

Vertaling:
Engels: night
Nederlands: nacht
Venda: vhusiku
Xhosa: ubusuku
Zoeloe: ubusuku


Tussenwerpsel: dag

Betekenis:
• 'n Groet in die aand wanneer iemand gaan slaap.

Gebruik:
Nag, lekker slaap.

Vertaling:
Duits: night
Nederlands: dag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koek
Volgende onderwerp: druif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Aug. 07 06:21:43 UTC 2026