Betekenis:
• (anatomie) Die mond van 'n dier of snawel van 'n voël.
• (disfemisme) Die mond van 'n mens.
• Opening wat aan 'n mond herinner.
Gebruik:
• Die leeu dra sy welpies in sy bek.
• Die vent se bek is te groot, hy moet eerder sy smoel hou.
• Die grot se bek het toegeval.
Spreekwoord:
• Bek lek en stert swaai. [Kruiperige, vleiende houding.]
• Dis so reg in die leeu se bek. [Direk in die gevaar.]
• Hy het 'n groot bek. [Hy is 'n grootprater.]
• Hy is bek-af. [Hy is baie mismoedig.]
• Hy is glad van bek. [Hy kan goed praat.]
• Hy is net bek. [Hy is 'n grootprater.]
• Hy is nie op sy bek geval nie. [Baie goed en pittig praat.]
• Hy is pure bek. ['n Grootprater wees.]
• Hy sit met 'n dik bek. [Ontevrede en nukkerig.]
• Iemand in die bek ruk. [Iemand berispe.]
• Iemand 'n stang in die bek sit. [Hom beteuel.]
• Jou bek rek. [Iemand berispe.]
• Jou bek verbypraat. [Jy verklap 'n geheim.]
• Meer bek as binnegoed. [Net kan praat en min verstand openbaar.]
• Met 'n bek vol tande staan. [Nie weet wat om te sê nie.]
• Met 'n droë bek sit. [Niks te ete kry nie; teleurgesteld wees.]
• Moenie 'n gegewe perd in die bek kyk nie. ['n Geskenk moenie gekritiseer word nie.]
• So moet 'n bek praat. [Jy praat so reg na my hart.]
• So 'n bek kort jêm! [Dis die moeite werd om aan te hoor wat daar gesê word.]
• Sonder om 'n bek te trek. [Onskuldig en ongeërg.]
• Sy bek hang. [Hy is teleurgesteld.]
• Sy het 'n bek soos 'n skeermes. [Baie goed ter tale; baie skerp met die mond.]