week [boodskap #126771] |
Thu, 27 June 2019 06:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
week
Afbreking: week
Uitspraak: /viə̯k/
Selfstandige naamwoord: week
Meervoud: weke
Verkleinwoord: wekie
Meervoud van verkleining: wekies
Betekenis:
• Tydperk van sewe dae wat op 'n Sondag (soms Maandag) begin.
• Die handeling van iets week; met vloeistof deurdrenk.
Gebruik:
• Volgende week gaan ons see toe.
• Tydens die week moet jy sout in die water gooi.
Hiponiem:
• feesweek
• vakansieweek
• werkweek
Afgelei:
• weekdag
• weekliks
• weekblad
• weekloon
Vertaling:
Engels: week, sennight; soak
Nederlands: week
Xhosa: iveki
Zoeloe: iviki
Byvoeglike naamwoord: week
Vergrotende trap: weker
Oortreffende trap: weekste
Attributief: week
Betekenis:
• Sag en teer; teergevoelig; swak.
Gebruik:
• Sy is nog week na die operasie.
Afgelei:
• weekdier
• weekhartig
• weekheid
Vertaling:
Engels: soft, tender; soft-hearted; mawkish sloppy
Nederlands: week
Werkwoord: week
Verlede tyd: het geweek
Betekenis:
• Sag maak in 'n vloeistof; deurdrenk.
Gebruik:
• Sy week die laken in blousel.
Vertaling:
Engels: to soak, soften, sop, steep, macerate
Nederlands: weken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|