Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » loot
loot [boodskap #126772] Do, 27 Junie 2019 06:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
loot
Afbreking: loot



Selfstandige naamwoord: loot
Meervoud: lote
Verkleinwoord: lootjie
Meervoud van verkleining: lootjies

Betekenis:
• (plantkunde) 'n Uitloper wat aan 'n plant ontspruit.
• Bepaling deur 'n lukrake keuse (die handeling van die werkwoord loot).

Gebruik:
• Ná baie dae sien sy 'n loot wat in die tuin opkom.
• Die kaptein wat die loot wen kan die spel begin.

Homofoon:
• lood (metaal)

Vertaling:
Engels: shoot; lottery
Nederlands: loot; loting


Werkwoord: loot
Verlede tyd: het geloot

Betekenis:
• Iets deur 'n lukrake keuse bepaal; deur toeval besluit.

Gebruik:
• Die kapteins van die twee spanne loot deur 'n muntstuk op te skiet.

Vertaling:
Engels: to draw
Nederlands: loten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: week
Volgende onderwerp: hoeveel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 07:41:28 MGT 2024