hanswors [boodskap #126770] |
Wed, 26 June 2019 10:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hanswors
Afbreking: hans•wors
Selfstandige naamwoord: hanswors
Meervoud: hansworse, hansworste
Verkleinwoord: hansworsie
Meervoud van verkleining: hansworsies
Betekenis:
• Iemand in verspotte drag wat mense met toertjies en grappies vermaak.
Gebruik:
• Die hanswors vermaak die kinders by die sirkus.
Sinoniem:
• grapmaker
• harlekyn
• paljas
• nar
Vertaling:
Engels: clown
Nederlands: paljas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|