Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bal
bal [boodskap #126769] Wo, 26 Junie 2019 09:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Rugbybal.
'n Rugbybal.
bal
Afbreking: bal
Uitspraak: /bɑɫ/




Selfstandige naamwoord: bal
Meervoud: balle
Verkleinwoord: balletjie
Meervoud van verkleining: balletjies

Betekenis:
• (sport) 'n Ronde voorwerp waarmee gespeel word.
• 'n Bolvormig voorwerp in die algemeen.
• 'n Deftige dansparty.
• (anatomie) Een van die testikels; klier wat manlike saad voortbring; teelbal.

Gebruik:
• Naas Botha skop die bal oor die pale.
• Die deeg word in 'n bal gedraai.
• Ons moet formele klere na vanaand se bal aantrek.

Spreekwoord:
• Die bal aan die rol sit. ['n Saak aan die gang sit.]
• Die bal misslaan. [Jou erg vergis.]

Hiponiem:
• gholfbal
• netbalbal
• rugbybal
• sneeubal
• sokkerbal
• strandbal
• tennisbal
• vlugbalbal

Afgelei:
• balbeheer
• balbesit
• balspel
• balsport
• balvaardig

Vertaling:
Engels: ball
Nederlands: bal


Werkwoord: bal
Verlede tyd: het gebal

Betekenis:
• Om 'n vuis maak. Tot 'n bal saamdruk.

Gebruik:
• Hy bal sy vuis van woede.

Vertaling:
Engels: to clench, clasp
Nederlands: ballen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konteks
Volgende onderwerp: hanswors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 03:03:21 MGT 2024