Saterdag [boodskap #126758] |
Di, 25 Junie 2019 19:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Saterdag
Afbreking: Sa•ter•dag
Uitspraak: /ˈsɑːtərdɑχ/
Selfstandige naamwoord: Saterdag
Meervoud: Saterdae
Verkleinwoord: Saterdaggie
Meervoud van verkleining: Saterdaggies
Betekenis:
• Die sewende en laaste dag van die week, maar die eerste dag van 'n naweek; die dag na Vrydag en voor Sondag.
Gebruik:
• Ons speel Saterdag rugby.
Spreekwoord:
• Jou Saterdag is langer as jou Sondag. [Jou onderrok hang uit.]
Afkorting:
• Sa.
Afgelei:
• Saterdagaand
• Saterdagmiddag
• Saterdagnag
• Saterdagoggend
• Saterdagskind
Vertaling:
Engels: Saterday
Ndebele: uMgqibelo
Nederlands: zaterdag
Sotho: Mokibelo, Moqebelo
Swazi: uMgcibelo
Tsonga: Muqivela
Tswana: Lamatlhatso
Venda: Mugivhela, nga Mugivhela
Xhosa: uMgqibelo, ngoMgqibelo
Zoeloe: uMgqibelo, ngoMgqibelo
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|