Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Sondag
Sondag [boodskap #126757] Di, 25 Junie 2019 19:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19065
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sondag
Afbreking: Son•dag
Uitspraak: /ˈsondɑχ/




Selfstandige naamwoord: Sondag
Meervoud: Sondae
Verkleinwoord: Sondaggie
Meervoud van verkleining: Sondaggies

Betekenis:
• Die eerste dag van die week; tweede dag van 'n naweek; die dag na Saterdag en voor Maandag.

Gebruik:
Sondag gaan ons kerk toe.

Spreekwoord:
• Dis nie elke dag Sondag nie. ['n Mens kan nie elke dag rus nie.]
• Jou Saterdag is langer as jou Sondag. [Jou onderrok hang uit.]
• Soveel weet soos 'n kraai van Sondag. [Hoegenaamd niks van iets weet nie.]

Afkorting:
• So.

Afgelei:
• Sondagaand
• Sondagete
• Sondagmiddag
• Sondagnag
• Sondagoggend
• Sondagskind
• Sondagskool

Vertaling:
Engels: Sunday
Ndebele: uSonto
Nederlands: zondag
Sotho Lamorena, Sontaha
Swazi: Lisontfo
Tswana: Latshipi
Venda: Swondaha, nga Swondaha
Xhosa: iCawa, ngeCawa
Zoeloe: iSonto, ngeSonto

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lugbesoedeling
Volgende onderwerp: Saterdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 20:01:35 MGT 2024